2 Chronicles 1:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê God vir Salomo: Omdat dit in jou hart was, en jy nie rykdom, rykdom of eer gevra het of die lewe van jou vyande nie, en nog geen lang lewe gevra het nie; maar jy het vir jou wysheid en kennis gevra, dat jy my volk kan oordeel oor wie Ek jou koning gemaak het.
Afrikaans (NLV) 2011
God sê toe vir Salomo: “Omdat dit jou hartsbegeerte is; omdat jy nie vir persoonlike rykdom en eer, of die vernietiging van jou vyande, of selfs ’n lang lewe gevra het nie; omdat jy eerder gevra het vir wysheid en kennis om my volk behoorlik te regeer;
Afrikaans 1933/1953
Toe sê God aan Salomo: Omdat d¡t in jou hart gewees het, en jy nie rykdom, skatte en eer en die lewe van jou haters of selfs 'n lang lewe begeer het nie, maar wysheid en kennis vir jou begeer het om my volk waaroor Ek jou koning gemaak het, te kan regeer --
Afrikaans 1983
God het vir Salomo geantwoord: “Omdat jy dít besluit het en jy nie rykdom, besittings, aansien of jou vyande se lewens gevra het nie, en ook nie 'n lang leeftyd nie, maar wysheid en kennis waarmee jy my volk oor wie Ek jou koning gemaak het, kan regeer,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
God het Salomo geantwoord: “Omdat juis dit jou hartsbegeerte is, en jy nie gevra het vir rykdom, besittings en eer, of die lewe van hulle wat jou haat nie, ook nie vir 'n lang lewe nie, maar vir jouself wysheid en oordeelsvermoë gevra het, sodat jy my volk oor wie Ek jou koning gemaak het, kan regeer,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
God het vir Salomo gesê: “Jy het nie gevra om ryk te word en om baie goed te hê nie. Jy het nie gevra dat mense jou sal respekteer nie, of dat jy jou vyande sal kan doodmaak en dat jy lank sal lewe nie. Nee, jy het gevra dat jy wysheid sal hê en dat jy dinge sal ken, sodat jy goed kan regeer oor my volk, my volk oor wie Ek jou koning laat word het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
God het Salomo geantwoord: “Aangesien jy jou volk wil help en nie gevra het vir rykdom of eer, of dat jou vyande moet sterf, of selfs vir ’n lang lewe nie, maar vir wysheid en kennis om goed te regeer,