2 Chronicles 1:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Wysheid en kennis word aan jou gegee; en Ek sal jou rykdom en rykdom en eer gee soos geeneen van die konings gehad het wat voor jou was nie, en ook sal daar ná jou geen ander so iets hê nie.
Afrikaans (NLV) 2011
sal Ek sekerlik vir jou die wysheid en kennis gee waarvoor jy gevra het. Maar Ek sal ook vir jou rykdom, besittings en eer gee soos geen ander koning voor jou of na jou ooit sal hê nie.”
Afrikaans 1933/1953
daarom word die wysheid en die kennis aan jou gegee. Ek sal jou ook rykdom en skatte en eer gee soos die konings wat voor jou gewees het, nie gehad het nie, en soos njou nie sal wees nie.
Afrikaans 1983
daarom word die wysheid en kennis aan jou geskenk. Maar Ek gee jou bowendien rykdom, besittings en aansien soos die konings voor jou nie gehad het nie en dié ná jou ook nie sal hê nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
sal die wysheid en oordeelsvermoë aan jou gegee word. Maar ook rykdom en besittings en eer sal Ek vir jou gee, soveel as wat konings wat voor jou was, nie gehad het nie, en dié wat ná jou kom, nie sal hê nie. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daarom gee Ek vir jou wysheid, Ek sal jou help om dinge te ken, maar Ek sal jou ook ryk laat word, en jy sal baie goed hê, en mense sal jou respekteer. Jy sal meer van alles hê as die konings wat vóór jou regeer het, en meer as die konings wat ná jou sal regeer.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
sal jy beslis kry wat jy gevra het. Maar Ek sal jou meer as wysheid en kennis gee: Ek sal jou ook meer geld en skatte en eer gee as wat enige koning vóór jou nog gehad het, of enigeen ná jou ooit sal hê.”