2 Chronicles 1:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe het Salomo van sy reis na die hoogte wat by Gibeon was, na Jerusalem gekom, van voor die tent van samekoms, en oor Israel geregeer.
Afrikaans (NLV) 2011
Daarna het Salomo vanaf die tent van ontmoeting op die hoogte in Gibeon na Jerusalem toe teruggegaan. Hy het oor die hele Israel regeer.
Afrikaans 1933/1953
En Salomo het van die hoogte wat by G¡beon is, van die tent van samekoms af, in Jerusalem aangekom, en hy het oor Israel geregeer.
Afrikaans 1983
Daarna het Salomo van die hoogte in Gibeon af, van die tent van ontmoeting af, na Jerusalem toe teruggegaan. Hy was nou koning oor die hele Israel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Salomo het toe van die offerhoogte in Gibeon, van die Tent van Ontmoeting af, na Jerusalem gegaan, en hy het oor Israel regeer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Salomo het weggegaan van die offer-plek in Gibeon, van die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn het. Hy het teruggegaan na Jerusalem. Salomo was koning oor Israel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Salomo het na Jerusalem toe teruggegaan en daar oor Israel regeer.