2 Chronicles 1:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Salomo het strydwaens en ruiters bymekaargemaak, en hy het duisend-vierhonderd strydwaens en twaalfduisend ruiters gehad wat hy in die strydwastede en by die koning in Jerusalem geplaas het.
Afrikaans (NLV) 2011
Salomo het ’n groot militêre mag opgebou. Dit het 1 400 strydwaens en 12 000 perde ingesluit. Hy het hulle in die stede geplaas, en sommige naby hom in Jerusalem.
Afrikaans 1933/1953
En Salomo het strydwaens en perderuiters versamel, sodat hy veertien honderd waens en twaalf duisend perderuiters gehad het; en hy het hulle in die stede vir die waens en by die koning in Jerusalem opgestel.
Afrikaans 1983
Koning Salomo het 'n mag van strydwaens en perde opgebou. Hy het veertien honderd strydwaens en twaalf duisend perde besit, waarvan hy party in strydwaposte en ander by die paleis in Jerusalem gestasioneer het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Salomo het strydwaens en spanne perde bymekaargemaak. Hy het eenduisend vierhonderd strydwaens en twaalfduisend perde gehad. Hy het hulle in die strydwastede en by hom, die koning, in Jerusalem gehou.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Salomo het oorlogkarre en oorlogperde bymekaargemaak. Hy het 1 400 oorlogkarre en 12 000 oorlogperde gehad. Hy het party van hulle laat bly in die stede waar hulle die oorlogkarre gehou het, en party het hy by hom in Jerusalem laat bly.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Salomo het ’n sterk weermag opgebou. Dit het 1 400 strydwaens en 1 200 ruiters ingesluit. Hy het hulle in die strydwadorpe gestasioneer en party naby hom in Jerusalem gehou.