2 Chronicles 1:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die koning het silwer en goud in Jerusalem gemaak so oorvloedig soos klippe, en sederbome het hy gemaak soos wildevyebome wat in die laagte is, in oorvloed.
Afrikaans (NLV) 2011
Hy het silwer en goud in Jerusalem so volop soos klippe gemaak. Seders was so volop soos wildevyebome in die Laeveld.
Afrikaans 1933/1953
En die koning het die silwer en die goud in Jerusalem gemaak soos die klippe, en die seders het hy gemaak soos die wildevyebome wat in die Laeveld is, in menigte.
Afrikaans 1983
Die koning het goud en silwer in Jerusalem so volop gemaak soos klippe, en seders so volop soos wildevyebome in die Laeveld.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die koning het silwer en goud in Jerusalem so volop soos klippe gemaak, en sederhout so volop soos wildevyebome in die Sjefela gemaak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die koning het baie goud en silwer gehad, so baie soos die klippe in Jerusalem, en so baie sederhout soos die wildevyebome in die Laeveld.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
In Salomo se tyd het silwer en goud in Jerusalem so volop soos klippe geword en sederhout so volop soos die hout van die wildevyebome wat in die laerliggende dele van die land groei.