2 Chronicles 1:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Salomo het perde uit Egipte laat uitbring en linne-gare; die handelaars van die koning het die linne teen 'n prys ontvang.
Afrikaans (NLV) 2011
Salomo se perde is uit Egipte en Kewé ingevoer. Die koning se handelaars het hulle in Kewé gekoop teen pryse waarop daar ooreengekom is.
Afrikaans 1933/1953
En die uitvoer van perde vir Salomo het plaasgevind uit Egipte en uit Kw,; handelaars van die koning het hulle uit Kw, gaan haal teen koopprys.
Afrikaans 1983
Sy perde was afkomstig uit Egipte en Kewé. Die handelaars van koning Salomo het hulle in Kewé gaan koop vir die prys waarop ooreengekom is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die perde wat aan Salomo behoort het, is ingevoer uit Egipte en Kewé. Handelaars van die koning het hulle van Kewé teen 'n vasgestelde prys gekry.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Salomo het perde uit Egipte en die land Kewe gekry. Die handelaars van die koning het die perde in Kewe gaan koop.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Salomo se perde is uit Egipte en Silisië ingevoer. Sy aankopers het hulle teen die gewone prys in Silisië gekoop.