2 Chronicles 1:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hulle het opgetrek en uit Egipte 'n wa vir seshonderd sikkels silwer en 'n perd vir honderd-en-vyftig uitgebring; en so het hulle perde uitgebring vir al die konings van die Hetiete en vir die konings van Aram, deur hul middele.
Afrikaans (NLV) 2011
Destyds is strydwaens vir byna sewe kilogram silwer uit Egipte ingevoer, en ’n perd vir een en ’n driekwart kilogram. Baie hiervan is na die Hetitiese en Aramese konings uitgevoer.
Afrikaans 1933/1953
En hulle het uit Egipte 'n wa laat optrek en dit uitgevoer vir ses honderd sikkels silwer en 'n perd vir honderd en vyftig; en so is dit vir al die konings van die Hetiete en die konings van Aram deur hulle uitgevoer.
Afrikaans 1983
Uit Egipte is 'n strydwa vir net minder as sewe kilogram silwer ingevoer en 'n perd vir een en 'n driekwart kilogram. Dieselfde pryse is aan al die Hetitiese en Aramese konings betaal. Die invoer het deur bemiddeling van die handelaars geskied.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
'n Strydwa, ingevoer uit Egipte, het seshonderd sikkel silwer gekos, en 'n perd honderd-en-vyftig sikkel. So is deur hulle toedoen strydwaens en perde uitgevoer na al die konings van die Hetiete en die konings van Aram.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die handelaars het 600 sikkels silwer betaal vir een oorlogkar uit Egipte en 150 sikkels vir een perd, en hulle het oorlogkarre en perde verkoop aan al die konings van die Hetiete en die Arameërs.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
’n Strydwa is destyds vir byna sewe kilogram silwer uit Egipte ingevoer en ’n perd het byna een en ’n driekwart kilogram silwer gekos. Salomo se handelaars was ook die middelmanne wat die Hetitiese en Aramese konings van strydwaens en perde voorsien het.