2 Chronicles 1:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe het Salomo met die hele Israel gespreek, met die owerstes oor duisend en oor honderd en met die regters en met elke goewerneur in die hele Israel, die familiehoofde.
Afrikaans (NLV) 2011
Hy het die hele Israel bymekaargeroep, al die generaals en kapteins van die leër, die regters, en al die leiers en die familiehoofde.
Afrikaans 1933/1953
En Salomo het met die hele Israel gespreek, met die owerstes oor duisend en oor honderd en met die regters en met elke vors in die hele Israel, die familiehoofde;
Afrikaans 1983
Salomo het die hele Israel opgeroep: die bevelhebbers oor duisend en honderd, die regters, elke leiersfiguur in die hele Israel, al die familiehoofde.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe het Salomo met die hele Israel gepraat, met die •aanvoerders van duisend en van honderd, met die regters en met elke leier van die hele Israel, al die familiehoofde.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Salomo het al die leiers van die Israeliete laat roep. Dit was die leiers van 1 000 manne en die leiers van 100 manne, die regters, elke leier in die hele Israel, die familiehoofde.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Salomo het toe al die leiers van Israel, die hoër en laer offisiere, die regters, die politieke leiers en die familiehoofde bymekaargeroep.