2 Chronicles 1:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
So het Salomo en die hele vergadering saam met hom na die hoogte gegaan wat by Gíbeon was; want daar was die tent van die samekoms van God wat Moses, die kneg van die HERE, in die woestyn gemaak het.
Afrikaans (NLV) 2011
Salomo en die hele vergadering saam met hom het na die hoogte by Gibeon gegaan. God se tent van ontmoeting was daar. Moses, die dienaar van die Here, het dit nog in die woestyn gemaak.
Afrikaans 1933/1953
en hulle het gegaan, Salomo en die hele vergadering saam met hom, na die hoogte wat by G¡beon is; want daar was die tent van samekoms van God wat Moses, die kneg van die HERE, in die woestyn gemaak het.
Afrikaans 1983
Salomo en die hele gemeente saam met hom het toe na die hoogte toe by Gibeon gegaan. Die tent van die ontmoeting met God wat Moses, die dienaar van die Here, nog in die woestyn gemaak het, was toe daar.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Salomo en die hele geloofsgemeenskap saam met hom het na die •offerhoogte in Gibeon gegaan, want dit is waar God se Tent van Ontmoeting was, die tent wat Moses, die dienskneg van die Here, in die woestyn gemaak het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hy en die hele volksvergadering saam met hom het na die offer-plek in die stad Gibeon gegaan, want die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn het, was daar. Dit was die tent wat Moses, die dienaar van die Here, in die woestyn laat maak het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hulle het almal na die hoogte op die berg by Gibeon gegaan. Dit is die plek waar die tent destyds gestaan het waar die Here sy volk ontmoet het. Dit is die tent wat die Here se dienaar Moses nog in die woestyn gemaak het.