2 Chronicles 1:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar Dawid het die ark van God uit Kirjat-Jeárim laat optrek na die plek wat Dawid daarvoor gereed gemaak het, want hy het daarvoor 'n tent in Jerusalem opgeslaan.
Afrikaans (NLV) 2011
Dawid het reeds die ark van God verskuif vanaf die woning van Kirjat-Jearim na die tent wat hy daarvoor in Jerusalem opgeslaan het.
Afrikaans 1933/1953
Maar Dawid het die ark van God uit Kirjat-Je rim laat bring na die plek wat Dawid daarvoor ingerig het; want hy het daarvoor 'n tent in Jerusalem opgeslaan.
Afrikaans 1983
Die ark van God was egter nie daar nie. Dawid het dit in sy dae uit Kirjat-Jearim laat bring na die plek toe wat hy daarvoor reggemaak het, want hy het daarvoor in Jerusalem 'n tent laat opslaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die ark van God het Dawid egter al vroeër uit Kirjat-Jearim opgeneem na die plek wat Dawid daarvoor gereedgemaak het, want hy het 'n tent daarvoor opgeslaan in Jerusalem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar die kis van God was op die plek wat Dawid daarvoor laat gereedmaak het. Dawid het die kis voorheen uit Kirjat-Jearim gebring en hy het 'n tent vir die kis in Jerusalem laat opslaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die ark met die ooreenkoms tussen God en sy volk was egter nie daar nie. Dawid het die ark uit Kirjat-Jearim na Jerusalem laat bring en dit in ’n tent neergesit wat hy spesiaal daarvoor opgeslaan het.