2 Chronicles 1:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Verder het hy die koperaltaar wat Besáleël, die seun van Uri, die seun van Hur, gemaak het, voor die tabernakel van die HERE gestel; en Salomo en die vergadering het daarna gesoek.
Afrikaans (NLV) 2011
Maar die bronsaltaar wat Besaleël seun van Uri, seun van Gur, gemaak het, was voor die tabernakel van die Here. Salomo en die volk het gekom om die Here te raadpleeg.
Afrikaans 1933/1953
Ook die koperaltaar wat Bes leël, die seun van Uri, die seun van Hur, gemaak het, was daar voor die tabernakel van die HERE; en Salomo en die vergadering het dit besoek.
Afrikaans 1983
Die bronsaltaar wat Besaleël seun van Uri, seun van Gur, gemaak het, was opgestel voor die tabernakel van die Here. Salomo en die gemeente het die Here gaan raadpleeg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die bronsaltaar wat Besaleël, seun van Uri, seun van Gur, gemaak het, was daar voor die •tabernakel van die Here. Salomo en die geloofsgemeenskap het Hom gaan raadpleeg.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die brons-altaar wat Besaleël seun van Uri seun van Gur gemaak het, was in Gibeon voor die tempel-tent van die Here. Salomo en die volksvergadering het daar vir die Here gaan vra wat hulle moet doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die bronsaltaar wat Besaleël, Uri se seun en Gur se kleinseun, gemaak het, was wel in Gibeon voor die tent van die Here. Salomo en die leiers het dit besoek om die Here te raadpleeg.