2 Chronicles 1:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê Salomo vir God: U het groot barmhartigheid bewys aan my vader Dawid en my in sy plek as koning gemaak.
Afrikaans (NLV) 2011
Salomo het God geantwoord: “U het oorvloedige troue liefde aan my pa Dawid betoon, en my in sy plek ko-ning gemaak.
Afrikaans 1933/1953
En Salomo het tot God gespreek: U het aan my vader Dawid 'n groot guns bewys en my in sy plek koning gemaak.
Afrikaans 1983
Salomo sê toe vir God: “U het groot trou aan my vader Dawid bewys en my in sy plek koning gemaak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Salomo het vir God gesê: “U self het aan my vader Dawid oorvloedige troue liefde bewys, en U het my koning gemaak in sy plek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Salomo sê toe vir God: “U het gedoen wat U vir my pa belowe het, U het my koning laat word ná hom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Salomo het geantwoord: “U was baie goed vir Dawid, my pa. Nou het U my in sy plek koning gemaak.