2 Chronicles 2:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Salomo het besluit om 'n huis vir die Naam van die HERE te bou en 'n huis vir sy koninkryk.
Afrikaans (NLV) 2011
Salomo het besluit om ’n tempel vir die Naam van die Here en ’n koninklike paleis vir homself te bou.
Afrikaans 1933/1953
En Salomo het gedink om vir die Naam van die HERE 'n huis te bou en 'n huis vir sy koningskap.
Afrikaans 1983
Salomo was van voorneme om 'n tempel vir die Naam van die Here te bou, en 'n paleis vir homself.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Salomo het opdrag gegee dat 'n huis vir die Naam van die Here en ook sy eie koninklike paleis gebou moet word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Salomo het besluit om 'n tempel te bou waar hulle die Naam van die Here kan eer, en ook 'n paleis vir homself.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Salomo het besluit dat die tyd ryp was om die tempel vir die Here en ’n paleis vir homself te bou.