2 Chronicles 2:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En kyk, Ek sal aan u dienaars, die houtkappers gee, twintig duisend kor gekapte koring en twintig duisend kor gars en twintig duisend bat wyn en twintig duisend bat olie.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek sal jou werkers die volgende betaal: 3 300 ton koring, 2 640 ton gars, 440 kiloliter wyn en 440 kiloliter olie.
Afrikaans 1933/1953
En kyk, ek gee as voedsel aan die houtkappers wat die bome kap, aan u dienaars, twintig duisend kor koring en twintig duisend kor gars en twintig duisend bat wyn en twintig duisend bat olie.
Afrikaans 1983
Vir u arbeiders, die boswerkers wat die bome moet kap, sal ek die volgende voedselvoorrade lewer: drie duisend drie honderd ton koring, twee duisend ses honderd en veertig ton gars, vier honderd en veertig kiloliter wyn en vier honderd en veertig kiloliter olie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Kyk, vir u dienaars, vir die houtkappers wat die bome kap, sal ek twintigduisend kor koring as voedselvoorraad, twintigduisend kor gars, twintigduisend bat wyn en twintigduisend bat olyfolie gee.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Dit is wat ek sal betaal vir jou werkers wat die hout kap: 20 000 kor koring, 20 000 kor gars, 20 000 bat wyn en 20 000 bat olyf-olie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Ek sal baie kos vir u werkers voorsien wat die hout moet kap. Ek sal sorg vir meer as 3 600 ton koring en net soveel gars en vir 420 kiloliter wyn en net soveel olyfolie.”