2 Chronicles 2:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe antwoord Huram, die koning van Tirus, skriftelik wat hy na Salomo gestuur het: Omdat die HERE sy volk liefgehad het, het Hy jou koning oor hulle aangestel.
Afrikaans (NLV) 2011
Koning Hiram het Salomo met ’n brief wat hy gestuur het, soos volg geantwoord: “Dis omdat die Here sy volk liefhet dat Hy jou as hulle koning aangestel het.
Afrikaans 1933/1953
En Huram, die koning van Tirus, het in 'n brief gesê wat hy aan Salomo gestuur het: Omdat die HERE sy volk liefhet, het Hy u as koning oor hulle aangestel.
Afrikaans 1983
Koning Hiram van Tirus het Salomo soos volg skriftelik geantwoord: “Dit was 'n liefdesdaad van die Here aan sy volk dat Hy u koning oor hulle laat word het!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Huram, die koning van Tirus, het 'n skriftelike antwoord vir Salomo gestuur: “Omdat die Here sy volk liefhet, het Hy u as koning oor hulle aangestel.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Koning Hiram van Tirus het vir Salomo in 'n brief geantwoord. Hy het geskryf: “Die Here is lief vir sy volk. Daarom het Hy jou koning laat word oor hulle.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Koning Hiram van Tirus het die volgende antwoord vir Salomo gestuur: “Dit is omdat die Here sy volk liefhet dat Hy jou hulle koning gemaak het!