2 Chronicles 2:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die seun van 'n vrou uit die dogters van Dan, en sy vader was 'n man van Tirus, vaardig om te werk in goud en silwer, in koper, in yster, in klip en in hout, in purper, in blou en in fyn linne en in purperrooi; ook om enige vorm van grafte te graveer en om elke plan wat hom voorgelê moet word, uit te vind, met jou listige manne en met die listige manne van my heer jou vader Dawid.
Afrikaans (NLV) 2011
die seun van ’n vrou uit Dan. Sy pa is uit Tirus. Hy is bedrewe in die maak van voorwerpe van goud, silwer, brons, yster, klip, houtwerk en in pers, blou en bloedrooi stowwe. Daarby is hy ’n graveerder wat enige ontwerp saam met jou pa Dawid se vakmanne kan uitvoer.
Afrikaans 1933/1953
die seun van 'n vrou uit die dogters van Dan, maar wie se vader 'n man van Tirus is, wat verstaan om goud en silwer, koper, yster, klippe en hout, purperrooi, pers stowwe en fyn linne en bloedrooi stowwe te bewerk; en om allerhande figure uit te sny en om enige kunstige plan uit te dink wat aan hom opgedra word, saam met u kunstenaars en die kunstenaars van my heer, u vader Dawid.
Afrikaans 1983
Hy is die seun van 'n vrou uit Dan, en sy pa is uit Tirus. Hy is vaardig in die bewerking van goud, silwer, brons, yster, klip, hout, pers en blou wol, linne en bloedrooi wol. Bowendien kan hy enige graveerwerk doen en in samewerking met u en u vader Dawid se vakmanne, enige ontwerp uitvoer wat aan hom voorgelê word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy is die seun van 'n vrou uit die dogters van Dan, en sy vader is 'n man uit Tirus. Hy weet hoe om met goud en silwer, brons, yster, klip en hout, purperrooi en pers materiaal, fyn linne en karmosynrooi stof te werk, en hoe om enige graveerwerk te doen. Hy weet hoe om enige plan wat aan hom voorgelê word, vindingryk uit te voer saam met u vakmanne en die vakmanne van my heer, u vader Dawid.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hy is die seun van 'n vrou van die land Dan, en sy pa is 'n man van Tirus. Hy weet hoe om met goud te werk en ook met silwer, brons, yster, klip en hout. Hy weet ook hoe om te werk met pers en blou wol-materiaal, met linne en rooi materiaal, en hoe om letters en prente op klip uit te sny. Hy kan dit doen op enige manier wat jy vir hom sê. Hy kan dit doen saam met jou ambagsmanne, die ambagsmanne van jou pa, koning Dawid.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Sy ma is ’n vrou uit die stam van Dan en sy pa is hier van Tirus af. Hy het ondervinding met goud, silwer, brons, yster, klip en hout, maar ook met pers, rooi en blou materiaal en baie fyn linne. Hy is ook ’n bekwame graveerder wat die vermoë het om saam met u vakmanne en dié wat u pa destyds aangestel het, te werk. Hy sal enige ontwerp wat aan hom voorgelê word, kan maak.