2 Chronicles 2:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En ons sal hout uit die Líbanon kap, soveel as wat jy nodig het; en jy moet dit na Jerusalem opdra.
Afrikaans (NLV) 2011
Ons sal in die Libanon hout kap vir al jou behoeftes, en dit op vlotte al met die see langs na Joppe toe bring. Van daar af kan jy die stompe na Jerusalem toe vervoer.”
Afrikaans 1933/1953
En ons sal bome uit die L¡banon kap net soveel as u nodig het, en ons sal dit vir u as vlotte oor die see na Jafo bring; dan kan u dit na Jerusalem laat vervoer.
Afrikaans 1983
sal ons al die hout wat u nodig het, in die Libanon kap en dit in vlotte met die see langs vir u na Joppe toe bring. U kan dit dan na Jerusalem toe laat vervoer.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Aan ons kant sal ons die bome kap uit die Libanonbos, soveel as wat u nodig het, en dit vir u met vlotte seelangs na Jafo bring. U kan dit dan self na Jerusalem laat vervoer.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Dan sal ons al die bome wat jy nodig het, op die Libanon-berg kap. Ons sal vlotte daarvan maak en dit vir jou oor die see bring tot by die stad Jafo. Jy kan hulle dan self na Jerusalem bring.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ons sal al die hout wat u nodig het in die Libanonberg kap en dit as vlotte op die see afstuur tot by Joppe. Van daar af moet u dit dan by Jerusalem kry.”