2 Chronicles 2:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Salomo het al die vreemdelinge getel wat in die land van Israel was, volgens die telling waarmee sy vader Dawid hulle getel het; en hulle is gevind honderd en vyftig duisend drie duisend ses honderd.
Afrikaans (NLV) 2011
Salomo het ’n opname van al die vreemdelinge in Israel gemaak, net soos sy pa Dawid destyds gedoen het, en vasgestel dat daar 153 600 van hulle was.
Afrikaans 1933/1953
En Salomo het al die uitlanders getel wat in die land van Israel was, volgens die telling wat sy vader Dawid van hulle gehou het, en dit het geblyk dat daar honderd drie en vyftig duisend ses honderd was.
Afrikaans 1983
Salomo het 'n opname laat maak van al die nie-Israeliete in Israel. Dit was ná die opname wat Dawid, sy pa, reeds van hulle laat maak het. Daar is gevind dat hulle een honderd drie en vyftig duisend ses honderd is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Salomo het toe al die manne wat •vreemdelinge in die land Israel was, getel. Dit was ná die sensus wat sy vader Dawid van hulle gehou het. Daar is honderd drie-en-vyftigduisend seshonderd van hulle gevind.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Salomo het al die mans laat tel wat vreemdelinge in die land Israel was. Sy pa Dawid het hulle voorheen ook laat tel. Hulle was almal saam 153 600 mans.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Salomo het toe telling gehou van al die vreemde mense wat daar in Israel gewoon het, net soos die telling wat Dawid ’n vorige keer gehou het. Hulle het agtergekom dat daar 153 600 vreemdelinge in die land was.