2 Chronicles 2:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy het van hulle sestig duisend as lasdraers aangestel en tagtig duisend as kappers op die berg, en drie duisend seshonderd opsieners om die volk 'n werk aan te stel.
Afrikaans (NLV) 2011
Hy het 70 000 van hulle as draers aangestel, 80 000 as klipkappers in die berge, en 3 600 as opsigters om die mense te laat werk.
Afrikaans 1933/1953
En sewentig duisend van hulle het hy lasdraers gemaak en tagtig duisend klipkappers op die gebergte en drie duisend ses honderd opsigters om die mense te laat werk.
Afrikaans 1983
Hy het toe sewentig duisend van hulle as draers en tagtig duisend as klipkappers aan die gang gesit in die berge. Daar was drie duisend ses honderd opsigters om die manne aan die werk te hou.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Uit hulle het hy sewentigduisend draers gemaak, tagtigduisend klipkappers in die berge en drieduisend seshonderd was toesighouers om die mense te laat werk.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Salomo het gesê 70 000 van hulle moet die hout dra en 80 000 mans moet klippe kap in die berge. Hy het 3 600 mans gekies en aangestel om hoofde te wees. Hulle moes kyk dat die werkers hulle werk doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hy het 70 000 van hulle draers gemaak en 80 000 as klipkappers gebruik. Daar was 3 600 mense wat oor hoe hulle werk toesig gehou het.