2 Chronicles 2:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Salomo het vir Huram, die koning van Tirus, gestuur om te sê: Soos jy met my vader Dawid gedoen het en vir hom seders gestuur het om vir hom 'n huis te bou om daarin te woon, so doen jy met my.
Afrikaans (NLV) 2011
Salomo het die volgende brief aan koning Hiram in Tirus gestuur: U het voorheen aan my pa Dawid sederhout verskaf toe hy sy paleis gebou het om daarin te woon.
Afrikaans 1933/1953
Toe laat Salomo Huram, die koning van Tirus, weet: Soos u aan my vader Dawid gedoen het deur aan hom seders te stuur, dat hy vir hom 'n huis kon bou om in te woon, doen dit ook aan my.
Afrikaans 1983
Verder het hy die volgende boodskap gestuur aan koning Hiram van Tirus: “U het destyds met my vader Dawid 'n ooreenkoms aangegaan en vir hom seders gelewer om vir hom 'n paleis te bou om in te woon.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Salomo laat weet toe vir Huram, die koning van Tirus: “Soos wat u vir my vader Dawid gedoen het toe u vir hom sederhout gestuur het om 'n paleis te bou om in te woon, moet u ook vir my doen.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Salomo het vir koning Hiram van Tirus 'n boodskap gestuur. Hy het gesê: “Jy het vir my pa Dawid sederhout gestuur sodat hy vir hom 'n paleis kon bou om in te woon.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daarby het Salomo die volgende boodskap na koning Hiram van Tirus gestuur: “U was so goed om sederhoutstompe vir my pa Dawid te voorsien toe hy sy paleis gebou het.