2 Chronicles 2:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Kyk, ek bou 'n huis vir die Naam van die HERE my God om dit aan Hom te wy en om reukwerk van speserye voor Hom aan die brand te steek en vir die voortdurende toonbrode en vir die brandoffers soggens en saans, op die sabbatte en op die nuwemane en op die feestye van die HERE onse God. Dit is 'n ewige verordening vir Israel.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek wil nou ’n tempel tot eer van die Naam van die Here my God bou en dit aan Hom toewy. Daar sal geurige wierook voor Hom gebrand word, offerbrode sal gedurig daar wees. Brandoffers sal elke oggend en aand gebring word, asook tydens die Sabbat, met nuwemaan en tydens ander vasgestelde feeste van die Here ons God. Hy het Israel beveel om altyd hierdie dinge te doen.
Afrikaans 1933/1953
Kyk, ek gaan 'n huis bou vir die Naam van die HERE my God, om dit aan Hom te heilig -- om voor sy aangesig reukwerk van speserye aan die brand te steek en die toonbrode gedurig reg te sit en die brandoffers smôre ns en saans te bring op die sabbatte en op die nuwemane en op die feestye van die HERE onse God -- 'n ewige verpligting op Israel.
Afrikaans 1983
Nou wil ek 'n tempel bou vir die Naam van my God, die Here, en dit aan Hom wy. Daar sal ons Hom eer met wierookoffers, met offerbrood wat voortdurend daar is, en met brandoffers, elke môre en elke aand, elke sabbat, elke nuwemaan en elke vasgestelde feestyd van ons God, die Here. Dit is 'n permanente verpligting wat op Israel rus.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Kyk, ek gaan 'n •tempel bou vir die Naam van die Here my God, om dit aan Hom te wy deur voor Hom geurige reukwerk te verbrand, sodat daar gereeld •vertoonbrode en soggens en saans brandoffers kan wees op die Sabbatte, die nuwemaansfeeste en die vasgestelde feestye van die Here ons God, as 'n verpligting wat altyd op Israel rus.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Nou wil ek 'n tempel bou om die Naam van my God die Here te eer. Ek wil die tempel aan Hom wy sodat ons daar wierook kan brand voor Hom, en sodat ons altyd offer-brood op sy tafel kan sit, en sodat ons brand-offers kan bring in die oggend en in die aand, op die Sabbatdae, die Nuwemaan-feeste en die ander feeste vir ons God die Here. Dit is dinge wat die volk Israel altyd moet doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Nou staan ek op die punt om ’n tempel vir die Here my God te bou en dit aan Hom te wy. Ek sal daar wierook vir Hom brand, gereeld die offerbrood uitpak, oggend- en aandoffers bring, sowel as die offers vir die sabbat, die nuwemaan en die spesiale feeste vir die Here ons God. Hy het ons beveel om dié dinge vir altyd te doen.