2 Chronicles 2:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar wie is in staat om vir hom 'n huis te bou, aangesien die hemel en die hemel van die hemel hom nie kan bevat nie? wie is ek dan, dat ek vir hom 'n huis sou bou, behalwe om voor sy aangesig te brand?
Afrikaans (NLV) 2011
Maar wie kan ’n waardige woning vir Hom bou? Nie eens die hoogste hemele kan Hom bevat nie! Wie is ek om te dink dat ek vir Hom ’n tempel sal bou, behalwe om brandoffers aan Hom te bring?
Afrikaans 1933/1953
Maar wie is in staat om vir Hom 'n huis te bou? Want die hemele, ja, die hoogste hemel, kan Hom nie bevat nie. Wie is ek dan, dat ek vir Hom 'n huis kan bou, behalwe om voor sy aangesig offers aan die brand te steek?
Afrikaans 1983
Wie sou eintlik die vermoë hê om vir Hom 'n tempel te bou as die hemel, die hoogste hemel self, Hom nie kan bevat nie? En wie is ek eintlik dat ek, behalwe om Hom met offers te eer, vir Hom ook 'n tempel wil bou?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar wie is werklik in staat om vir Hom 'n huis te bou? Ja, die hemelruim, die hoogste hemele, kan Hom nie omvat nie. Wie is ek dan dat ek vir Hom 'n huis wil bou, behalwe as 'n plek om daar voor Hom offers te verbrand?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Niemand kan regtig vir Hom 'n huis bou nie, want daar is nie genoeg plek vir Hom nie, ook nie in die hoogste hemel nie. Ek kan net vir Hom 'n tempel bou sodat ons daar vir Hom offers kan bring.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Maar wie kan vir Hom ’n huis bou wat by Hom pas as die hoogste hemele Hom nie eens kan huisves nie? Wie is ék nou eintlik om vir Hom ’n huis te bou, behalwe om daarin vir Hom offers te bring?