2 Chronicles 2:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Stuur dan nou vir my 'n man wat listig is om te werk in goud en in silwer en in koper en in yster en in purper en purperrooi en pers, en wat vaardig is om te graf saam met die listige manne wat saam met my in Juda is en in Jerusalem, vir wie my vader Dawid voorsien het.
Afrikaans (NLV) 2011
Daarom, stuur tog vir my ’n bekwame ambagsman wat vaardig is in die bewerking van goud, silwer, brons en yster; en van pers, bloedrooi en blou materiaal. Hy moet bedrewe wees in graveerwerk en moet saamwerk met die vakmanne van Juda en Jerusalem wat my pa Dawid voorsien het.
Afrikaans 1933/1953
Stuur my dan nou 'n kunsvaardige man om goud en silwer en koper en yster en purperrooi en bloedrooi en pers stowwe te bewerk, en wat verstaan om figure uit te sny saam met die kunstenaars wat by my in Juda en in Jerusalem is, wat my vader Dawid bestel het.
Afrikaans 1983
“Stuur nogtans vir my 'n vakman in die bewerking van goud, silwer, brons en yster en van pers, bloedrooi en blou wol. Hy moet ook vaardig wees in graveerwerk en moet saamwerk met die vakmanne hier by my in Juda en Jerusalem wat deur my vader Dawid gewerf is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Stuur dan nou vir my iemand wat vaardig is om met goud, silwer, brons en yster te werk, en ook met purperrooi, karmosynrooi en pers materiaal, en wat weet hoe om graveerwerk te doen saam met die vakmanne hier by my in Juda en in Jerusalem wat deur my vader Dawid voorsien is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Nou vra ek dat jy vir my iemand moet stuur wat vaardig is om te werk met goud en silwer en brons en yster en met pers wol, rooi wol en blou wol. Dit moet iemand wees wat ook weet hoe om letters en prente op klip uit te sny. Hy moet die werk doen saam met die slim manne hier by my in Juda en Jerusalem. My pa het hierdie manne bymekaargemaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Hier is nou my versoek: stuur tog vir my ’n bekwame vakman wat met metale soos goud, silwer, brons en yster kan werk en wat vaardig is met pers, rooi en blou materiaal en wat goed is met gravering. Hy sal hier saam met vakmanne uit Juda en Jerusalem werk, wat my pa destyds aangestel het.