2 Chronicles 2:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Stuur vir my ook sederbome, sipresbome en algumbome uit die Líbanon; want ek weet dat u dienaars in staat is om hout op die Líbanon te kap; en kyk, my dienaars sal by u dienaars wees,
Afrikaans (NLV) 2011
Stuur tog ook vir my seder-, sipres- en jenewerhout van die Libanon, want ek weet u vakmanne is sonder gelyke by die afkap van bome van die Libanon. Ek sal my arbeiders stuur om hulle by te staan.
Afrikaans 1933/1953
Stuur ook aan my seder--, sipres-- en sandelhout van die L¡banon af, want ek weet dat u dienaars verstaan om die hout van die L¡banon te kap; en kyk, my dienaars sal saam met u dienaars wees,
Afrikaans 1983
Stuur vir my verder ook nog seder-, sipres- en jenewerhout van die Libanon af. Ek weet immers hoe vaardig u arbeiders is in die kap van Libanonbome. My eie arbeiders sal saam met u arbeiders werk.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Stuur ook vir my seder-, sipres- en jenewerhout uit die Libanon, want ek weet dat u dienaars weet hoe om bome in die Libanon te kap. Kyk, my dienaars sal u dienaars bystaan
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jy moet ook vir my sederhout, sipreshout en jenewerhout van die Libanon-berg stuur, want ek weet jou werkers weet hoe om Libanon-bome te kap. My werkers sal saam met jou werkers werk.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Stuur ook vir my seder- en sipreshout en ander edelhoutsoorte wat daar in die Libanonberg groei. Ek weet hoe vaardig u mense is om bome op te saag. My werkers sal u s’n help