2 Chronicles 2:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Selfs om vir my hout in oorvloed te berei, want die huis wat ek gaan bou, sal wonderlik groot wees.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek sal ’n groot hoeveelheid hout nodig hê, want die tempel wat ek wil bou, sal baie groot en indrukwekkend wees.
Afrikaans 1933/1953
naamlik om hout in menigte vir my gereed te maak, want die huis wat ek gaan bou, sal groot en wonderbaar wees.
Afrikaans 1983
Hulle moet vir my groot hoeveelhede hout regmaak, want die tempel wat ek wil bou, moet groot en indrukwekkend wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
om my van groot hoeveelhede hout te voorsien, want die huis wat ek gaan bou, moet groot en indrukwekkend wees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hulle moet vir my baie sederhout gereedmaak, want die tempel wat ek wil bou, moet groot en wonderlik mooi wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
om ’n baie groot hoeveelheid planke voor te berei, want die huis wat ek wil bou gaan so groot wees dat mense hulle daaroor sal verwonder.