2 Chronicles 20:32 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy het in die weg van sy vader Asa gewandel en nie daarvan afgewyk nie deur te doen wat reg was in die oë van die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011
Josafat was ’n goeie koning wat die voorbeeld van sy pa Asa gevolg het. Hy het volgehou om te doen wat reg was vir die Here.
Afrikaans 1933/1953
En hy het gewandel in die weg van sy vader Asa en daar nie van afgewyk nie, en het gedoen wat reg was in die oë van die HERE.
Afrikaans 1983
Hy het die pad van Asa, sy pa, geloop en daar nie van afgewyk nie. Hy het gedoen wat reg is in die oë van die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy het die pad van sy vader Asa gevolg. Hy het nie daarvan afgewyk nie en gedoen wat reg is in die oë van die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Josafat het reg gelewe soos sy pa Asa en hy het aangehou om dit te doen. Hy het reg gedoen, en die Here het daarvan gehou.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hy het soos sy pa Asa regeer en dinge gedoen waarvan die Here gehou het,