2 Chronicles 20:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Is U nie ons God wat die inwoners van hierdie land voor u volk Israel verdryf het en dit aan die nageslag van u vriend Abraham vir ewig gegee het nie?
Afrikaans (NLV) 2011
Ons God, het U nie die inwoners van hierdie land voor u volk Israel uitgedryf nie? Het U nie die land vir altyd aan die nageslag van u vriend Abraham gegee nie?
Afrikaans 1933/1953
Het U, onse God, nie die inwoners van hierdie land voor u volk Israel uit verdrywe en dit vir altyd aan die nageslag van Abraham, u vriend, gegee nie?
Afrikaans 1983
Dit is U, ons God, wat die vroeëre inwoners van hierdie land voor u volk Israel uit verdryf het en die land aan die nageslag van u vriend Abraham as 'n blywende besitting gegee het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Is dit nie U, ons God, wat die inwoners van hierdie land voor u volk Israel uitgedryf het en dit vir ewig aan die nageslag van u vriend Abraham gegee het nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ons God, U het die mense van hierdie land weggejaag om vir u volk Israel plek te maak en U het die land vir altyd vir die nageslag van u vriend Abraham gegee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
God, het U nie die volke wat in die land gewoon het, weggejaag toe u volk hier aangekom het nie? Het U nie toe die land vir Abraham se nageslag gegee om vir altyd hier te woon nie?