2 Chronicles 24:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En dit is hulle wat teen hom saamgesweer het; Sabad, die seun van Simeat, 'n Ammonitiese, en Jósabad, die seun van Simrit, 'n Moabietiese.
Afrikaans (NLV) 2011
Die moordenaars was Sabad seun van ’n Ammonitiese vrou met die naam Simat, en Josabad, seun van ’n Moabitiese vrou met die naam Somer.
Afrikaans 1933/1953
En d¡t is hulle wat teen hom saamgesweer het: Sabad, die seun van S¡meat, die Ammonitiese, en Josabad, die seun van Simrit, die Moabitiese.
Afrikaans 1983
Die manne wat teen hom saamgesweer het, was die Ammoniet Sabad seun van Simat en die Moabiet Josabad seun van Somer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dit was die manne wat teen hom 'n komplot gesmee het: Sabad, seun van Simeat die Ammoniet, en Josabad, seun van Simriet die Moabiet.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die manne wat hom vermoor het, was Sabad seun van Simat, en Josabad seun van Simrat. Simat was 'n Ammonitiese vrou, en Simrat was 'n Moabitiese vrou.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Sy moordenaars was Sabad, Simat die Ammoniet se seun en Josabad, Somer die Moabiet se seun.