2 Chronicles 25:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die verdere geskiedenis van Amasia, die eerste en die laaste, kyk, is dit nie beskrywe in die boek van die konings van Juda en Israel nie?
Afrikaans (NLV) 2011
Die ander gebeurtenisse tydens Amasia se regering, van die begin tot die einde, is opgeteken in Die boek van die konings van Juda en Israel.
Afrikaans 1933/1953
En die verdere geskiedenis van Am sia, die vroeëre en die latere, kyk, is dit nie beskrywe in die Boek van die konings van Juda en Israel nie?
Afrikaans 1983
Die ander verhale oor Amasia, dié van vroeër sowel as dié van later, is opgeteken in die annale van die konings van Juda en Israel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die verdere geskiedenis van Amasia, die vroeëre en latere geskiedenis, kyk, is dit nie opgeteken in die boekrol van die konings van Juda en Israel nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die ander dinge wat Amasia voorheen en later gedoen het, is geskryf in die dagboek van die Konings van Juda en Israel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die res van Amasia se geskiedenis word vertel in Die Geskiedenis van die Konings van Israel en Juda.