2 Chronicles 34:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Hilkía het geantwoord en vir Safan, die skrywer, gesê: Ek het die wetboek in die huis van die HERE gevind. En Hilkía het die boek aan Safan oorgegee.
Afrikaans (NLV) 2011
Gilkija sê toe vir Safan die staatsekretaris: “Ek het die boek van die gebooie in die tempel van die Here gekry!” Gilkija het die boekrol vir Safan gegee.
Afrikaans 1933/1953
Daarop het Hilk¡a aan die skrywer Safan gesê: Ek het die wetboek in die huis van die HERE gevind! Toe gee Hilk¡a die boek aan Safan,
Afrikaans 1983
Gilkija het toe vir die staatsekretaris Safan gesê: “Ek het die wetboek in die tempel gekry.” Hy het die wetboek aan Safan oorhandig,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Gilkija opper toe die saak, en sê vir Safan, die sekretaris: “Ek het sowaar op 'n boekrol van die wet in die huis van die Here afgekom.” Daarop het Gilkija die boekrol vir Safan gegee.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Gilkija het toe vir Safan gesê: “Ek het die wetboek in die tempel gekry.” En Gilkija het die boek vir Safan gegee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Gilkija het vir Safan, die sekretaris, gesê: “Ek het die wetboek in die Here se tempel gekry!” Gilkija het toe die boekrol vir Safan gegee.