2 Chronicles 6:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hoor dan uit die hemel en vergewe die sonde van u volk Israel, en bring hulle terug na die land wat U aan hulle en aan hulle vaders gegee het.
Afrikaans (NLV) 2011
luister dan tog uit die hemel en vergewe die sondes van u volk Israel en bring hulle terug na hierdie land wat U aan hulle en hulle voorouers gegee het.
Afrikaans 1933/1953
wil U dan hoor uit die hemel en die sonde van u volk Israel vergewe en hulle terugbring na die land wat U aan hulle en hulle vaders gegee het.
Afrikaans 1983
luister tog uit die hemel en vergeef u volk Israel se sonde en laat hulle terugkom na die land wat U aan hulle en hulle voorvaders gegee het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
moet U self hoor uit die hemel. Vergewe dan die sonde van u volk Israel, en laat hulle terugkeer na die grond wat U aan hulle en aan hulle voorouers gegee het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
dan moet U asseblief in die hemel luister en U moet u volk Israel se sonde vergewe en U moet hulle laat terugkom na die land wat U vir hulle voorvaders gegee het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
luister tog uit die hemel. Vergewe hulle sonde en gee weer vir hulle die land wat U aan hulle voorouers gegee het.