2 Corinthians 1:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Julle help ook saam deur vir ons te bid, sodat vir die gawe wat deur baie persone aan ons geskenk is, deur baie mense namens ons gedank kan word.
Afrikaans (NLV) 2011
Daaraan werk julle saam deur ook vir ons te bid. Die gevolg is dat die gebede van baie mense ’n genadegawe vir ons bring en dat daar ook baie mense is wat Hom vir ons dank.
Afrikaans 1933/1953
terwyl julle ook vir ons saamwerk deur die gebed, sodat daar vir die genadegawe aan ons deur baie persone op baie maniere vir ons gedank mag word.
Afrikaans 1983
Daartoe werk julle mee deur vir ons te bid. So sal die gebede van baie 'n seën van God vir ons bring, en dan sal baie Hom vir ons dank.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hiertoe dra julle ook by deur julle gebede vir ons, sodat deur bemiddeling van baie mense, namens ons dank betuig kan word vir die genadegawe aan ons.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle help ons ook baie wanneer julle vir ons bid. As God ons red, dan is daar baie mense in die gemeente wat vir God dankie sê omdat Hy ons gered het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Bid asseblief vir ons. Daarsonder kan ons glad nie ons werk vir die Here doen nie. Julle gebede maak dat baie ander mense ook begin bid. Hulle sal vir God dankie sê omdat Hy ons met sy hemelse gawes toegerus het sodat ons die goeie nuus aan hulle kan bekendmaak. Op hierdie manier werk al julle gebede mee aan die uitdra van die evangelie.