2 Corinthians 1:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want ons blydskap is dit, die getuienis van ons gewete, dat ons in eenvoud en godvrugtige opregtheid, nie met vleeslike wysheid nie, maar deur die genade van God, ons wandel in die wêreld gehad het, en nog meer na julle toe.
Afrikaans (NLV) 2011
Ons trots bestaan daarin dat ons gewete saam getuig dat ons teenoor die wêreld, maar in die besonder teenoor julle, opgetree het met die erns en egtheid wat van God af kom. Ons het staatgemaak op die onverdiende goedheid van God en nie op ons eie menslike insig nie.
Afrikaans 1933/1953
Want ons roem is dit: die getuienis van ons gewete dat ons in eenvoudigheid en reinheid van God, nie in vleeslike wysheid nie, maar in die genade van God in die wêreld verkeer het, en veral by julle.
Afrikaans 1983
Daar is een ding waarop ons trots is: ons gewete verseker ons dat ons oor die algemeen, en teenoor julle in die besonder, opgetree het met die openhartigheid en eerlikheid wat van God kom. Daarin is ons nie deur die wysheid van mense gelei nie, maar deur die genade van God.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ons roem is juis dit: die getuienis van ons gewete dat ons in die wêreld, en veral teenoor julle, opgetree het in opregtheid en met eerlikheid wat van God kom – ook nie deur menslike wysheid nie, maar deur die genade van God.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ons is trots daarop dat ons reg gedoen het aan al die mense en spesiaal aan julle. As ons goed dink daaroor, dan weet ons in ons harte dat dit Gód is wat ons so reg laat lewe het. Ons het dit reggekry omdat God genadig was vir ons, nie omdat die wêreld ons so slim gemaak het nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek is trots daarop dat ek opreg optree teenoor almal, ook teenoor julle. God self stel my in staat om sonder vals motiewe op te tree. Hiervan is ek absoluut oortuig. Ek hou my nie met allerhande slimpraatjies besig nie. Nee, ek is heeltemal afhanklik van God se goedheid.