2 Corinthians 1:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want ons skryf niks anders aan julle as wat julle lees of erken nie; en ek vertrou dat julle tot die einde toe sal erken;
Afrikaans (NLV) 2011
Ons skryf aan julle niks wat julle nie self lees of verstaan nie. Ek hoop net dat julle ten volle sal verstaan
Afrikaans 1933/1953
Want ons skryf aan julle niks anders as wat julle lees of ook verstaan nie, en ek hoop dat julle dit ook tot die einde toe sal verstaan,
Afrikaans 1983
In ons briewe skryf ons aan julle niks wat julle nie self kan lees en verstaan nie. Ek hoop net julle sal ons eendag heeltemal verstaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ons skryf immers aan julle niks anders as wat julle lees en ook verstaan nie. En ek hoop dat julle later ten volle sal verstaan
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die dinge wat julle in ons briewe lees, is die dinge wat ons vir julle wil sê, en julle moet dit so verstaan. Ek hoop dat julle alles meer en meer sal verstaan
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
In my briewe skryf ek oor sake wat julle maklik kan verstaan. Daarom glo ek julle sal verstaan dat julle baie trots op my kan wees wanneer ons almal saam op die laaste dag voor die Here Jesus staan. Natuurlik sal ek op daardie dag ook baie trots op julle wees.