2 Corinthians 1:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En in hierdie vertroue was ek van plan om tevore na julle te kom, sodat julle 'n tweede weldaad kan hê;
Afrikaans (NLV) 2011
Met hierdie oortuiging het ek al vroeër beplan om na julle toe te kom sodat julle ’n dubbele geskenk kon ontvang.
Afrikaans 1933/1953
En in hierdie vertroue wou ek vroeër na julle kom, dat julle 'n tweede genade kan ontvang,
Afrikaans 1983
Dit was in hierdie oortuiging dat ek vroeër die plan gemaak het om julle te besoek, sodat julle twee keer 'n bewys van genade kon ontvang.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
In hierdie vertroue wou ek vroeër na julle kom, sodat julle 'n tweede guns kon ontvang.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek was seker dat julle verstaan, en daarom het ek besluit om eers na julle toe te kom, sodat julle twee maal bly kan wees wanneer julle my sien.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Omdat ek so trots op julle is, het ek vroeër besluit om eerste na julle toe te kom voordat ek Masedonië toe gaan.