2 Corinthians 1:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En om by julle verby te trek na Masedonië en om uit Masedonië na julle terug te keer en van julle op my pad na Judéa gebring te word.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek wou op die deurreis na Masedonië by julle aandoen en weer ’n keer op die terugreis van Masedonië af, om dan met julle hulp verder na Judea toe gestuur te word.
Afrikaans 1933/1953
en by julle langs deurgaan na Macedonië, om weer van Macedonië af by julle te kom en deur julle voortgehelp te word na Jud,a.
Afrikaans 1983
Ek wou julle op die deurreis na Masedonië toe besoek en weer op die terugreis van Masedonië af, en dan met julle hulp my reis voortsit na Judea toe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek wou by julle langs deurreis na Macedonië, om weer van Macedonië af na julle terug te kom, en deur julle na Judea toe voortgehelp te word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Want ek wou eers na julle toe gaan en dan na die provinsie Masedonië. Ek wou dan weer van Masedonië terugkom na julle toe. Ek wou hê dat julle my moet help om na die provinsie Judea te gaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Later op pad terug van daar af sou ek dan ’n tweede maal by julle kom oorbly het. So sou julle sommer twee keer deel kon hê in al die wonderlike hemelse geskenke wat God vir my gegee het. Boonop sou julle my tydens my tweede besoek kon help met al my voorbereidings vir my reis na Judea. Ongelukkig het hierdie planne toe nie so uitgewerk nie.