2 Corinthians 1:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe ek dan so gesind was, het ek lig gebruik? of die dinge wat ek voorneem, besluit ek volgens die vlees, dat daar by my ja, ja en nee nee sou wees?
Afrikaans (NLV) 2011
Was ek miskien wispelturig toe ek hierdie plan gemaak het? Of doen ek my beplanning volgens menslike oorwegings, met die gevolg dat dit by my gaan oor ’n “ja” as ek eintlik ’n “nee” bedoel?
Afrikaans 1933/1953
Het ek dan miskien ligsinnig gehandel toe ek my dit voorgeneem het? Of wat ek my voorneem, neem ek my dit voor na die vlees sodat by my tegelyk is: ja ja, en nee nee?
Afrikaans 1983
Was ek miskien oorhaastig toe ek hierdie plan gemaak het? Of word ek deur menslike oorwegings gelei as ek planne maak, sodat ek in een asem “ja” en “nee” sê?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek het tog nie ligtelik gehandel toe ek my dit voorgeneem het nie? Of beplan ek wat ek beplan uit menslike swakheid, sodat, wat my betref “ja, ja” tegelyk “nee, nee” kan wees?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Dit is wat ek wou doen. Ek het nie vir julle 'n leuen vertel nie, maar toe het ek nie van Masedonië teruggekom na julle toe nie. Ek het nie gedoen soos die mense van die wêreld doen nie. Hulle doen nie wat hulle sê nie. Hulle sê “ja,” maar dit kan ook “nee” wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Miskien dink julle by julleself: “Daardie Paulus sê een ding, maar doen iets anders. Hy belowe hy kom ons besoek, maar dan daag hy nie op nie.” Het ek sommer uit my eie hierdie besluite geneem, sonder om eers te vra wat God se wil is?