2 Corinthians 1:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar soos God waaragtig is, was ons woord aan julle nie ja en nee nie.
Afrikaans (NLV) 2011
God is die betroubaarheid self. Hy weet dat ons woord teenoor julle nie “ja” en terselfdertyd “nee” is nie.
Afrikaans 1933/1953
So waar as God getrou is -- ons woord tot julle was nie ja en nee nie!
Afrikaans 1983
So seker as God getrou is, ons woord aan julle was nie tegelyk “ja” en “nee” nie,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar God is getrou – ons woorde aan julle is nie tegelyk “ja” en “nee” nie;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle weet dat God doen wat Hy belowe. So doen ons ook wat ons belowe. Wanneer ons “ja” sê, dan is dit “ja,” en wanneer ons “nee” sê, dan is dit “nee.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Is ek ’n regte jabroer wat die een ding sê en ’n ander ding doen? Nee, glad nie. God weet ek praat die waarheid met julle.