2 Corinthians 1:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want die Seun van God, Jesus Christus, wat deur ons onder julle verkondig is, ook deur my en Silvanus en Timotheus, was nie ja en nee nie, maar in Hom was ja.
Afrikaans (NLV) 2011
Want die Seun van God, Christus Jesus, wat deur ons — dit is deur my, Silvanus en Timoteus — onder julle verkondig is, is nie terselfdertyd “ja” en “nee” nie. In Hom het God se “ja” plaasgevind,
Afrikaans 1933/1953
Want die Seun van God, Jesus Christus, wat deur ons onder julle verkondig is, deur my en Silv nus en Timothes, was nie ja en nee nie, maar was ja in Hom.
Afrikaans 1983
want Jesus Christus, die Seun van God, wat ons, dit is ek en Silvanus en Timoteus, aan julle verkondig het, is nie “ja” en “nee” tegelyk nie. Hy is die “ja” van God,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
want Jesus •Christus, die •Seun van God, wat deur ons aan julle verkondig is, deur my en Silvanus en Timoteus, was nie “ja” én “nee” nie – inteendeel, in Hom het dit “ja” geword.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle moet onthou dat ek en Silvanus en Timoteus die boodskap oor die Seun van God, Jesus Christus, vir julle gebring het. En julle weet dat Jesus nie “ja” én “nee” is nie. Jesus is God se “ja.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Julle weet ook dat ek julle nie bedrieg het toe ek en Silvanus en Timoteus vroeër daar by julle gewerk het nie. Ons het mos nie die een dag een ding gesê en die volgende dag iets anders kwytgeraak nie. Ons het net met julle oor Jesus Christus, die Seun van God, gepraat.