2 Corinthians 1:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Hy wat ons saam met julle bevestig in Christus en ons gesalf het, is God;
Afrikaans (NLV) 2011
Hy het ons saam met julle op Christus as fondament geplaas, terwyl God ons ook vir Hom afgesonder het.
Afrikaans 1933/1953
Maar Hy wat ons saam met julle bevestig in Christus en ons gesalf het, is God,
Afrikaans 1983
God self het ons saam met julle op hierdie vaste grond gevestig: op Christus. God het ons vir Hom afgesonder,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dit is God wat ons saam met julle in Christus 'n vaste fondament gegee het, en ons gesalf het,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
God is die Een wat vir ons sê dat ons en julle saam aan Christus behoort. God het ook gesê dat ons vir Hom moet werk.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
God het ons almal saam stewig in Christus geanker. Hy is die fondament op wie ons lewe gebou is. God het ons ook met sy groot krag toegerus en ons eenkant gesit sodat ons Hom voltyds kan dien. Hy het boonop sy amptelike stempel op ons lewe geplaas as die bewys dat ons aan Hom behoort. Dit is die Heilige Gees.