2 Corinthians 1:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
wat ons ook verseël het en die krag van die Gees in ons harte gegee het.
Afrikaans (NLV) 2011
Hy het ons as sy eiendom gemerk en die Gees in ons harte gevestig as deposito wat as waarborg dien van alles wat Hy nog vir ons gaan gee.
Afrikaans 1933/1953
wat ons ook verseël het en die Gees as onderpand in ons harte gegee het.
Afrikaans 1983
ons as sy eiendom beseël en die Heilige Gees in ons harte gegee as waarborg van wat ons nog sal ontvang.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
wat ons ook verseël en die Gees as waarborg in ons harte gegee het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hy het gewys dat ons aan Hom behoort toe Hy die Heilige Gees in ons harte gegee het. Die Heilige Gees sê vir ons dat ons altyd aan Hom sal behoort.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
God het die Heilige Gees aan ons almal gegee as die deposito, die eerste betaling van sy kant af om ons te verseker dat sy nuwe wêreld op ons wag.