2 Corinthians 1:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Verder roep ek God as getuigskrif oor my siel, dat ek nog nie na Korinthe gekom het om jou te spaar nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek roep God as getuie teen my eie lewe, dat ek julle in ag geneem het toe ek nie weer na Korinte toe gekom het nie.
Afrikaans 1933/1953
Maar ek roep God as getuie aan oor my siel dat ek om julle te spaar nog nie na Korinthe gekom het nie --
Afrikaans 1983
Ek roep God tot getuie en staan met my lewe daarvoor in: dit was om julle te spaar dat ek toe nie na Korinte toe gekom het nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Wat my betref, ek roep God as getuie oor my dat ek juis om julle te spaar, nog nie weer na Korinthe gekom het nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek het toe nie van Masedonië na Korinte teruggekom nie. Hoekom nie? Dit was omdat ek jammer was vir julle. God weet dit is waar, Hy kan my straf as ek nie die waarheid praat nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Kom ek sê reguit vir julle hoekom ek besluit het om nie Korinte toe te kom nie. Weet julle, ek wou julle ’n groot stuk hartseer spaar. Regtig! God weet dit. Julle geloof is in elk geval mos nie van my besoek afhanklik nie.