2 Corinthians 1:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Nie dat ons oor julle geloof heers nie, maar is helpers van julle blydskap; want deur die geloof staan julle.
Afrikaans (NLV) 2011
Ons wil regtig nie baasspeel oor julle geloofslewe nie, maar ons is tog ook helpers om julle blydskap te bevorder. Julle is tog standvastig in julle geloof.
Afrikaans 1933/1953
nie dat ons heers oor julle geloof nie, maar ons is medewerkers aan julle blydskap; want in die geloof staan julle vas.
Afrikaans 1983
Ons wil nie as heersers voorskryf wat julle moet glo nie. Julle staan immers vas in die geloof. Maar ons wil medewerkers wees om julle geluk te bevorder.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Nie dat ons oor julle geloof wil baasspeel nie – inteendeel, ons is medewerkers aan julle vreugde. Julle staan immers vas in die geloof.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle moenie dink dat ek vir julle wil sê hoe julle moet glo nie. Nee, ons wil graag saam met julle werk sodat julle bly kan wees, want julle hou nog altyd aan om te glo.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dit is regtig nie my werk om oor julle baas te speel deur vir julle voor te skryf presies hoe julle moet glo nie. Al wat ek wil doen, is om te help dat julle geloof ’n nog groter vreugde word.