2 Corinthians 1:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Geseënd is God, die Vader van onse Here Jesus Christus, die Vader van ontferminge en die God van alle vertroosting;
Afrikaans (NLV) 2011
God, die Vader van ons Here Jesus Christus, word geprys! Hy is die Vader van barmhartigheid en die God wat in elke opsig bemoedig.
Afrikaans 1933/1953
Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus, die Vader van ontferminge en die God van alle vertroosting,
Afrikaans 1983
Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy is die Vader wat Hom ontferm en die God wat in elke omstandigheid moed gee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Lofwaardig is die God en Vader van ons Here Jesus Christus, die Vader van barmhartigheid en God van alle bemoediging!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Almal moet vir God, die Vader van ons Here Jesus Christus, prys. God is die Vader wat baie goed is vir ons en Hy is die God wat altyd vir ons bemoedig.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die eer toe. As ons Vader oorstroom Hy ons met sy goedheid. As ons God troos Hy ons.