2 Corinthians 1:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want soos die lyde van Christus oorvloedig is in ons, so is ook ons troos oorvloedig deur Christus.
Afrikaans (NLV) 2011
Net soos ons ’n oorvloed ontberings ter wille van Christus deurmaak, só beleef ons ook oorvloedige bemoediging deur Christus se bemiddeling.
Afrikaans 1933/1953
Want soos die lyde van Christus oorvloedig is in ons, so is ons troos ook oorvloedig deur Christus.
Afrikaans 1983
want net soos daar vir ons 'n oorvloed van lyding is ter wille van Christus, is daar ook vir ons 'n oorvloed van bemoediging deur Christus.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
want net soos Christus se lyding oorvloedig oor ons kom, so is ook ons bemoediging oorvloedig deur Christus.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ja, ons kry baie maal swaar omdat ons aan Christus behoort. Maar so bemoedig God ook baie maal vir ons omdat ons aan Christus behoort.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Net soos Christus vroeër gely het, ly ons nou ook. Ons kry regtig baie swaar omdat ons sy volgelinge is. Maar gelukkig oorlaai Christus ons elke dag met sy goedheid en met sy troos.