2 Corinthians 1:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En ons hoop op julle is standvastig, omdat ons weet dat soos julle deel het aan die lyding, so sal julle ook van die vertroosting wees.
Afrikaans (NLV) 2011
En ons verwagting wat julle betref, staan op stewige bene: Ons weet dat net soos julle deel het aan die ontberings, julle ook só deel het aan die bemoediging.
Afrikaans 1933/1953
En ons hoop vir julle is vas, omdat ons weet dat net soos julle deelgenote is aan die lyding, so ook aan die troos.
Afrikaans 1983
En wat julle betref, het ons 'n vaste verwagting: ons weet dat net soos julle saam met ons deel het aan die lyding, julle ook aan die bemoediging deel het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ons hoop vir julle is seker, omdat ons weet dat, soos julle deel het aan die lyding, julle ook so deel het aan die bemoediging.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ons hoop dat daar goeie dinge met julle sal gebeur, en dit is seker dat dit sal gebeur. Julle kry ook swaar soos ons, daarom weet ons dat God vir julle ook sal bemoedig soos Hy vir ons bemoedig het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek weet dat julle dieselfde lyding as ek ervaar. Maar ek weet ook dat julle dieselfde troos as ek van God ontvang.