2 Corinthians 1:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar ons het die doodsvonnis in onsself gehad, dat ons nie op onsself sou vertrou nie, maar op God wat die dooies opwek.
Afrikaans (NLV) 2011
Dit het eintlik vir ons gevoel of ons die doodsvonnis ontvang het sodat ons nie op onsself sou vertrou nie, maar op dié God wat die dooies opwek.
Afrikaans 1933/1953
Ja, ons het al self by onsself die doodvonnis oor ons gehad, sodat ons nie op onsself sou vertrou nie, maar op God wat die dode opwek;
Afrikaans 1983
Trouens, dit het vir ons gevoel asof die doodvonnis klaar oor ons uitgespreek is. Maar dit het gebeur, sodat ons nie op onsself sou vertrou nie, maar op God wat die dooies opwek tot die lewe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Trouens, wat onsself betref, het ons al as't ware die doodsvonnis oor ons ontvang; maar dit was sodat ons nie op onsself sou vertrou nie, maar op God, wat die dooies opwek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ons het gevoel soos mense wanneer die regter besluit het dat hulle moet sterf. Ons kon onsself nie meer help nie. Ons kon net vertrou op God omdat Hý die Een is wat mense weer laat lewe nadat hulle gesterf het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dit het gevoel of ’n doodsvonnis oor my uitgespreek is. Maar ek het toe ’n baie belangrike les geleer. Ek het geleer om te bly vashou aan God wat selfs die dooies lewendig kan maak.