2 Corinthians 2:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar ek het dit by myself besluit, dat ek nie weer in bedroefdheid na jou toe sal kom nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Daarom het ek uit my eie besluit om nie weer met hartseer na julle toe te kom nie.
Afrikaans 1933/1953
Maar dit het ek by myself besluit, om nie weer in droefheid na julle te kom nie.
Afrikaans 1983
Daarom het ek besluit ek kom nie weer na julle toe as my besoek op droefheid uitloop nie,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dit het ek my dus voorgeneem: om nie weer met droefheid na julle te kom nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ja, ek het vas besluit dat ek nie weer na julle toe sal kom as dit julle sleg sal laat voel nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Wat sou my besoek julle help as dit net hartseer en trane sou veroorsaak in plaas van vreugde?