2 Corinthians 2:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Aan wie julle enigiets vergewe, vergewe ek ook; want as ek iets vergewe het, aan wie ek dit vergewe het, het ek dit ter wille van julle vergewe in die persoon van Christus;
Afrikaans (NLV) 2011
As julle hom iets vergewe, vergewe ek hom ook. Want as ek iets het om te vergewe, het ek dit reeds gedoen ter wille van julle, in die teenwoordigheid van Christus.
Afrikaans 1933/1953
Aan wie julle iets vergewe, vergeef ek ook; want wie ek ook vergeef het -- as ek iets vergeef het -- dit was om julle ontwil voor die aangesig van Christus, sodat ons nie deur die Satan bedrieg sou word nie;
Afrikaans 1983
As julle hom iets vergewe, vergewe ek hom ook. Wat my betref, as ek iets moes vergewe, het ek dit klaar gedoen om julle ontwil. Daarvan is Christus my getuie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
En vir hom wat julle iets vergeef, vergeef ek ook. Wat ek inderdaad vergeef het – as ek iets vergeef het – was ter wille van julle, voor die aangesig van •Christus,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
As julle iemand vergewe wat iets verkeerd gedoen het, dan vergewe ek hom ook. Dit was nie so belangrik dat ék daardie persoon moes vergewe nie, maar toe ek hom vergewe het, het ek dit gedoen om vir julle te leer hoe julle saam met ander mense moet lewe. Ek het dit ook gedoen omdat ek vir Christus werk.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
As julle bereid is om op God se pad te stap deur hierdie man te vergewe, sal ek dit ook doen. Eintlik het ek dit al klaar om julle onthalwe gedoen. Regtig. Ek jok nie. Christus weet dit.