2 Corinthians 2:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ek het geen rus in my gees gehad nie, omdat ek my broer Titus nie gevind het nie; maar ek het van hulle afskeid geneem en daarvandaan na Macedónië gegaan.
Afrikaans (NLV) 2011
Tog kon ek net nie tot rus kom nie omdat ek my broer Titus nie daar kon vind nie. Daarom het ek van die mense afskeid geneem en na Masedonië vertrek.
Afrikaans 1933/1953
maar ek het van hulle afskeid geneem en na Macedonië vertrek.
Afrikaans 1983
Tog het ek nie gemoedsrus gehad nie, omdat ek my broer Titus nie daar gekry het nie. Daarom het ek van die mense daar afskeid geneem en Masedonië toe vertrek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
kon ek nogtans geen gemoedsrus kry nie, omdat ek my broer Titus nie daar aangetref het nie. Daarom het ek toe van hulle afskeid geneem en na Macedonië vertrek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar ek was baie bekommerd omdat ek nie vir Titus daar gekry het nie. Titus is my vriend wat saam met my werk vir die Here. Daarom het ek die mense van Troas gegroet en na die provinsie Masedonië gegaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Tog was ek baie omgekrap omdat my getroue helper Titus nog nie daar was nie. Hy moes my daar ontmoet het om vir my te kom sê hoe julle op my vorige brief gereageer het. Ek het toe maar besluit om Masedonië toe te gaan om te kyk of ek hom daar kon raakloop.